Kernbiografieë

.

.

Gert le Roux

Gert le Roux het was in sy tyd een die bekendste Afrikaanse atletiekskrywers. Hy was ook ʼn uitstaande atletiekstatistikus en het lank as voltydse atletiekadministrateur gedien nadat hy by Rapport bedank het oor ʼn meningsverskil .

Le Roux, wat in 2013 in die ouderdom van 78 oorlede is, het sy loopbaan in 1966 by die SAUK begin en het vir onder meer Die Transvaler, Die Vaderland en Dagbreek en Landstem geskryf. Van laasgenoemde koerant was hy ook sportredakteur.

Le Roux het in 1965 saam met die Springbokke na Brittanje getoer en in 1967 na Frankryk. Altesame het hy oor meer as 30 rugbytoetse verslag gedoen.

Hy vertel op die webblad K'rant die een en ander oor sy loopbaan. Kyk by http://perskor.blogspot.com/2012/07/dok-craven-sorg-vir-twee-wonderlike.html#more.

Ander bron: Beeld, 19 Augustus 2013.

Geplaas: Augustus 2013

 
 
   
 
 

Tuis Kontak ons

 

Loading, please wait...

busy_indicator