Boeke oor mediamense

Stem uit die Wilderness

Dr. Daan Prinsloo

Vaandel-uitgewers

1997

Die boek bevat ʼn kort, eerlike gedeelte onder die opskrif Verhoudinge met die pers (pp. 435-440). Maar dit ontbreek aan nuwe inligting en insigte. ʼn Skerp kritiese De Kat-resensie deur dr. Eschel Rhoodie (wat ʼn hooffiguur in die sogenaamde Inligtingskandaal was) oor die boek Leierstryd (deur Ries en Dommisse) word uitvoerig aangehaal. Die "hartseer" korrespondensie tussen PW Botha en Piet Cillie wat ʼn einde beteken het aan ʼn "besondere vriendskap" van meer as vyftig jaar word genoem, maar ongelukkig nie aangehaal nie. Die boek het ʼn bronnelys, maar geen register nie.

 
 
   
 
 

Tuis Kontak ons

 

Loading, please wait...

busy_indicator